
Ek is by SAAM (South African Association of Mediators) as mediator geregistreer in Family Law Mediation. Mediasie het ‘n loopbaanskuif meegebring nadat ek 40 jaar as predikant diens gedoen het.
My ervaring in pastorale en gemeentewerk het my uitgebreide ervaring in konflikhantering laat opdoen. Ek was altyd bewus daarvan dat egpare wat vir sielkundige hulp of berading gegaan het, merendeels aan hulle eie lot oorgelaat is as versoening nie gehelp het nie. Die enigste pad daarna was dié van litigasie en die grootste slagoffers in hierdie wen-verloor situasie, is altyd die kinders.
Dit het my genoeg rede gegee om na aftrede empaties ‘n aanvaarbare oplossing saam met mense in gebroke huwelike en families te soek wat hulle kan help op die pad vorentoe. Ek is diep bewus van die eensame en uitmergelende pad met baie onsekerhede wat geskeides moet stap.
Mediasie behels die poging om ‘n wen-wen situasie te skep te midde van die realiteit van gebrokenheid.
Ek het aan die Universiteit van Pretoria studeer en die grade BA(cum laude), BA(Hons), BD(cum laude) en MTh(cum laude) behaal en is deur die Mediation Academy gesertifiseer as mediator(cum laude).
Gemeenskap

Elke maand doen ek werk vir die Kinderhof in die Pretoria Noord Landdroshof.
Ek is deel van ‘n span mediators wat die landdros help met die oorlading van gevalle wat hanteer moet word.
Deur mediasie met die onderskeie partye word wetlike ooreenkomste en hofdokumente voorberei vir finale uitspraak deur die landdros.